May 1st, 2009

Gesprek op 'n dansvloer

"So... wat is jou naam?"
"Toemaar, ek het joune ook vergeet."
"Dis CJ."
"CJ? Is jy seker? Was dit verlede keer ook jou naam?"
"Ja."
"O. OK. Ek is Tania."
"Tania, ja! Dis reg. Tania. Tania, hierdie keer gaan niks my keer nie. Want, sien, hierdie keer is ek nugter!"
"Dit maak nie 'n verskil nie."
"O. So... moet ek maar ophou probeer?"