Tania Melnyczuk

Diary

My Diary is my catch-all category for posts that don't fit neatly into one of the other categories.

Terug

Goeie genugtig, dis meer as twee jaar sedert ek laas hier was, en ek weet nie of ek enige gereelde plasings hier gaan maak nie, en daar het intussen soveel verander in die wereld, dat selfs hoe mens skryf nie meer dieselfde is nie. (Ja, ek weet ‘wereld’ kry ‘n kappie, maar hierdie skootrekenaar het nie daardie ekstra knoppies aan die regterkant nie, en die apparaatjie wat ek gekoop het om so ‘n fasiliteit by te voeg, werk nie. Ek sal nog ‘n plan moet bedink om nie elke keer te moet copy-‘n-paste as ek spesiale karakters byvoeg nie.)

En die hele uitleg van hierdie webwerf sal seker moet verander wanneer ek kans sien daarvoor.

Nou ja, Grok het vir my ‘n opstel geskryf. Dis hoekom ek teruggekom het, want ek moes hom tog iewers op die Internet sit. Ek het hom heelwat geredigeer en onder andere vir Grok geleer dat ‘remembered’ nie ‘n Afrikaanse woord is nie. Hier is hy, met my eie toevoegings en verandanderinge: